Welkom by eWoord

eWoord is ‘n daaglikse e-pos Bybel boodskap/dagstukkie wat jou sal help om die Bybel gereeld te lees. Vir baie mense is eWoord ‘n gerieflike, konstante manier om ‘n 1 minuut Bybel studie daagliks te hou.

Ons uitsluitlike doel is om die evangelie van Jesus Christus gratis deur die internet te versprei.

Wanneer jy inteken sal jy elke oggend ‘n kort e-pos boodskap ontvang wat jy net daar en dan kan lees, binne ‘n minuut! Jy sal sommer vinnig die genot en vreugde ervaar om daagliks God se Woord te lees. Deur hierdie proses sal jy ook meer en meer insig werf oor God se plan vir jou lewe, want God openbaar Homself en sy begeertes vir jou deur sy Woord.

eWoord neem slegs ‘n minuut om te lees, maar die voordele kan ‘n ewigheid hou!

Teken vandag in, dis gratis. Jy is ook welkom om hierdie boodskappe aan te stuur.

Click hier om in te teken.

 

MARKUS 16:15  En Jesus het gese: “Gaan die hele wereld in en verkondig die evangelie aan die ganse mensdom”